Soms het ‘n mens nodig om beter te voel. Lag werk goed, én vrolike musiek, én ook jongmense rondom jou. Maar soms is dit nodig dat jy ander dinge probeer om jou ekstra beter te laat voel.

As ‘n vriendin dus reken dat jul draf-oefenprogram aandag moet kry, en julle dit ernstig hervat op ‘n Vrydag-oggend, omdat Maandae te cliché is, dan doen jy dit voluit, want net dalk kan dit help met die beter voel ding.

Draf werk baie goed vir ‘n mens. Dit werk vir spiere en dit werk ook vir jou siel. Want spiere kry oefening deur beweging, en jou siel kry oefening, deur die mooiheid rondom jou.

Draf kikker mens beslis op, en ook pienk-oranje polkadot serpe, wat nie regtig by jou uitrusting pas nie, maar jou baie beter laat voel, daarom dra jy dit …

Oor jouself:

Wat laat jou regtig baie beter voel? Doen dit …

©Liesl