Wat is dit wat mens mooimaak? Alles wat jy opsit en aansit, of alles wat vanself daar is en dan met tyd uitkom? Ek wonder daaroor as ek skuinsweg na my meisiekind kyk. Sy was net nou die dag ‘n klein pienk poppie, en nou is sy gereed vir die soveelste dinee. ‘n Klein bietjie mooimaakgoed om die oë rond en niks anders nie, want sien, haar “motto” is “Less is more”. Ek tik tik aan haar lippe – “daar’s niks op nie poppie”, ‘n sug en dan kom die gewone wit lipice uit die handsakkie. Nou’s daar darem so ‘n effense blinkgeid – net om die ma tevrede te stel. “Hoekom dan ‘n prentjie wat reeds so mooi is bederf?” is een van die naby-menings … en ek stem saam want die buitekant is mooi genoeg, dis eintlik die binnekant wat die buitekant so vreeslik mooi maak …

Oor jouself:

Wat sal gebeur as jy nie meer agter jou mensgemaakte “masker” wegkruip nie? As jy toelaat dat mense jou ware ‘jy’ sien?

©Liesl