‘n Vriend van my skryf ‘n song “Holy Ground”. En hy sing, dat oral waar ons sit of staan of gaan, is Heilige Grond. Vandag sit ek in iemand se piepklein sonnige sitkamer, as “coach”, en ek besef, hierdie spasie is Heilige Grond. Die geleentheid om haar hart te hoor, is Heilige Grond. Die sonstreep op my been, is Heilige Grond, die vet tuisgebakte gemmerkoekies op haar skinkbord, is Heilige Grond. Elke asemteug, Heilige Grond. Elke diep-dink oomblik, Heilige Grond. Elke penstreep in my notaboek, Heilige Grond. Haar vertroue in my, Heilige Grond. My vertroue in God, dat ek met aandag sal luister, Heilige Grond.

Ek is dankbaar vir my vriend wat my leer van Heilige Grond, en ek tree versigtig daarop, want dit vat ‘n rukkie om te verstaan, dat die grond wat ek betree, Heilig kan wees …

4 Augustus 2016

©Liesl