Oor humor:

Soms, as die lewe ‘n bietjie swaar raak, dan kan dit help as jy uitkyk vir dinge wat jou laat lag. Eenvoudige dinge, soos ‘n Lea-katjie wat versigtig agter ‘n half-oop deur wegkruip, sodat sy skeef-skeef ‘n niksvermoedende Lulu-hondjie in die verbygaan kan bespring. ‘n Droë opmerking van ‘n matriekseun na die soveelste ‘flou’ pappa-grappie: “Sign up here if you survived a Dad joke” en die besef dat jy vir jare al uit volle bors saam met Dire Straits sing: “Money is for nothin’ and chips for free …” en dus in die proses die “chicks” heeltemal mis geluister het …

Ek dink humor is daar om jou gesond te hou. Dit hang net af of jy jou medisyne raaksien, want soms kom dit in onherkenbare ‘botteltjies’ …

©Liesl